McHenry eis nog steeds August 26-oudit
Die PDM-president McHenry Venaani het reeds in April in ‘n skrywe aan Paulus Noa, direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, ‘n ondersoek geëis na die forensiese ouditverslag oor die sake van August 26 Holding Company, wat nog nie gepubliseer is nie. August 26 is 100 persent in staatsbesit met die verdediging-ministerie as die enigste aandeelhouer. Venaani het ook in Mei aan president Nangolo Mbumba geskryf en hom aangemoedig om te verseker dat die ouditeur-generaal se verslag onmiddellik vrygestel word. Niks het gebeur nie. Venaani het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy op 19 September vrae daaroor sal stel. Venaani is aan die woord.