Nuwe vleisuitvoere na China vereis streng bio-sekuriteit
Die bekende landboukenner dr. Theo de Jager het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor China wat die invoer van Namibiese skaap- en bokvleis, sowel as gedroogte vrugte, goedgekeur het. Dit wil voorkom asof China erkenning gee aan die verskillende ‘bio-sekuriteit’ sones in Namibië, veral met bek-en-klouseer. De Jager verduidelik.
Hy sê dit is nou uiters belangrik dat alle bio-sekuriteitsmaatreëls nagekom word.