Ekonomiese en politieke landskap na verkiesing onder die loep

Die Namibië Vereniging vir Risikobestuur, in vennootskap met die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, sal ‘n ontbyt vir professionele persone in die risiko-bedryf en sakeleiers aanbied. Die doel is om die huidige risiko-, politieke en ekonomiese landskap te verken. Die sprekers sal Namibië se ekonomiese en politieke posisie uiteensit en hoe dit kan verander ná die verkiesing in November. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben de Klerk, ondervoorsitter van die Vereniging vir Risikobestuur, wat meer inligting oor die sprekers gee.