Zim-bloubessies teruggehou deur tekort aan finansiering
Zimbabwiese boere poog om munt te slaan uit die toenemende wêreldwye vraag na bloubessies, maar selfgefinansierde produsente sê ‘n gebrek aan finansies en minimale staatsondersteuning is reuse-hindernisse. Ten spyte daarvan dat dit een van die vinnigste groeiende bloubessieprodusente wêreldwyd is, met produksie wat verlede jaar verdubbel het tot 7 000 metrieke ton, sukkel Zimbabwiese boere om finansiering vir hul bedrywighede te kry. Zimbabwe se akkerbou-uitvoere, wat deels deur bloubessies aangedryf word, oorskry 100 miljoen Amerikaanse dollar jaarliks. Die sektor se uitvoere, wat ‘n hoogtepunt bereik het op 140 miljoen dollar in 1999, is ontwrig toe voormalige president Robert Mugabe begin het met sy hervestigingsprogram.