IPC hou verkiesingskongres vandag in die hoofstad
Die Independent Patriots for Change hou tans sy eerste nasionale verkiesingskonferensie wat tot môre duur. In 2019 het die partypresident Panduleni Itula as ‘n onafhanklike presidentskandidaat gestaan. Hy het 29,4 persent van die stemme gekry. Dit het Itula aangespoor om die IPC in Augustus 2020 te stig. Die IPC het vier maande later 17,14 persent van die stemme in die 2020 plaaslike en streeksverkiesing gekry. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-sekretaris-generaal, Christine Aochamus, gepraat oor vandag se proses.