Uerikua klaar N$1m-skenking op
James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek, sê die skenking van 1 miljoen Namibiese dollar aan Swapo wat verlede week tydens ‘n galadinee aangekondig is, is nie in sy persoonlike hoedanigheid gemaak nie. Hy sê die skenking was deur Zebra Holdings, ‘n maatskappy in Swapo-besit waarvan hy die direksievoorsitter is. Dit kom na die Engelse dagblad The Namibian in ‘n storie gesê het dat Uerikua die skenking gemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het met Uerikua gepraat wat die kwessie opklaar.