Ramaphosa sal Algemene Vergadering in New York toespreek

President Cyril Ramaphosa sal vanaf 24 tot 30 September die Suid-Afrikaanse afvaardiging lei na die 79ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York. Die voormalige eerste minister van Kameroen, Philemon Yang, is die voorsitter van die sitting wat sal fokus op eenheid in verskeidenheid. Die Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sal die beraad toespreek en fokus op multilateralisme, ekonomiese diplomasie en beleggings om Suid-Afrika se werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te spreek: