Oopsie by Spele met kokaïen

Die Australiese beheerliggaam het ‘n Olimpiese atleet vir 12 maande verban nadat hy in Parys kokaïen probeer koop het. Tom Craig is deur die Franse polisie aangekeer en is later sonder aanklag vrygelaat. Die 29-jarige was ‘n lid van Australië se span wat by die Olimpiese Spele in Tokio silwer gekry het, maar hulle het nie in Parys ‘n medalje inpalm nie. Hokkie Australië het ses maande van die straf opgeskort. Craig, wat reeds meer as 100 wedstryde vir sy land gespeel het, sal volgende jaar weer vir Australië in aanmerking kom.