Lubowski vandag 35 jaar gelede in sluipmoord dood
Anton Lubowski, ‘n prominente Namibiese anti-apartheidsaktivis, prokureur en Swapo-lid, is op 12 September 1989, op die ouderdom van 37, vermoor. Hy is met ‘n AK-47-geweer voor sy huis in Windhoek geskiet deur agente van Suid-Afrika se Buro vir Burgerlike Samewerking. Sy moord het plaasgevind tydens ‘n kritieke tyd in Namibië se stryd om onafhanklikheid. Lubowski se bydraes tot menseregte en die onafhanklikheidsbeweging word wyd erken, en hy is in 2015 postuum tot ‘n nasionale held verklaar. Sy oorskot is by die Helde-akker buite Windhoek herbegrawe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lubowski se seun, Almo Lubowski, wat sy pa so onthou.