Inflasie: Voedselpryse is die bedreiging
Simonis Storm se ontleding van die Verbruikersprys-indeks vir Augustus fokus op die verwagte verlaging in inflasie as gevolg van dalende oliepryse, wat gelei het tot laer brandstofpryse. Hulle beklemtoon egter die risiko van stygende voedselpryse. Gebaseer op hierdie neigings, verwag die makelaarshuis ‘n afwaartse hersiening van hul aanvanklike 4,9 persent inflasievoorspelling vir die jaar, waarskynlik tussen 4,6 persent en 4,7 persent, afhangend van brandstof- en voedselprysontwikkelings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom by Simonis Storm.