Swapo het mos nou geld vir kongres, of hoe?
In die saak waarin vyf Swapo-lede die party dagvaar om ‘n buitengewone kongres te hou om ‘n leier te verkies, het Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, aangevoer dat die party nie die finansiële hulpbronne het om dit te doen nie. Sy het die hoë koste van die vorige kongres en die bou van Swapo se hoofkwartier as redes vir die finansiële druk aangevoer. Volgens plaaslike media het Swapo egter 16,2 miljoen Namibiese dollar by ‘n onlangse galadinee ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Prokureurs wat die vyf aansoekers verteenwoordig, wat sê Swapo het nou geld vir die kongres.