Namport ken vraghouer konsessie toe
Namport het vroeër aangekondig dat hy sy vraghouer-hantering op konsessie sal uitsit by sy nuwe terminaal op Walvisbaai. Die maatskappy het aangekondig dat Terminal Investment, gesetel in Switserland, die suksesvolle bieër is en onderhandelings vir ‘n kontrak het reeds begin. In ‘n verklaring sê Namport dat die konsessie vir 25 jaar sal duur en dit sal op 1 Oktober vanjaar begin. Die besluit vir ‘n konsessie is geneem omdat privaat kapitaal nodig is om verskeie verbeterings by die hawe aangebring moet word.