Trump sê oor tweede debat te midde van daling in aandeelprys

Dit wil voorkom asof Kamala Harris die eerste debat teen Donald Trump gewen het met aandele in sy maatskappy, Trump Media and Technology Group, wat ure na die eerste regstreekse ontmoeting met 14-persent teruggesak het. Weddenskappe het verbeter vir die Demokratiese kandidaat om in November se verkiesing te seëvier nadat sy Trump gereeld ontsenu het met aanvalle oor sy geskiktheid om president te wees, sy ondersteuning vir beperkings op aborsie en sy regsprobleme. Reuters berig die aandeelprys het met bykans 60-persent gedaal sedert Harris se benoeming in Julie. En in verband met ‘n tweede debat het Trump die volgende te sê gehad…