Oekraïnse oorlog duur te lank – VN

Die Verenigde Nasies sê die oorlog tussen Oekraïne en Rusland duur te lank en veroorsaak geweldige lyding. Meer as 40-persent van Oekraïne se bevolking het humanitêre hulp nodig. Die kantoor van die Hoëkommissaris van Menseregte berig meer as 11 700 burgerlikes is sedert 24 Februarie 2022 dood. ʼn VN-woordvoerder, Joyce Msuya, sê hulle is diep bekommerd omdat gevegte onlangs na nuwe gebiede aan albei kante van die grens tussen Oekraïne en Rusland uitgebrei het: