Kane teken 2 doele aan in gouestewel-wedstryd

Engeland se kaptein, Harry Kane, het sy 100ste wedstryd met twee doele gevier in hul oorwinning van 2-0 oor Finland in die Nasies-liga op Wembley. Die 31-jarige is slegs die tiende speler wat in honderd wedstryde vir Engeland gespeel het en sluit aan by onder andere David Beckham en Bobby Moore. Engeland is ná Griekeland tweede in die Nasies-liga se Groep B2 met ‘n doelverskil. Griekeland, die Tsjeggiese Republiek en Georgië het ook gisteraand gewen, terwyl Duitsland en Nederland twee-elk gelykop gespeel het.