700+ wilde diere spreek nie armoede aan nie – BIG

Renaani Musutua van die Basiese Inkomste-toelae Koalisie het die omgewing-ministerie se besluit om 723 stuks wild van kant te maak vir droogtehulp gekritiseer. Musutua sê dit slaag nie daarin om honger en armoede doeltreffend aan te spreek nie, en kan moontlik ekologiese skade veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Musutua, wat wil weet hoekom die hoofoorsake van armoede nie aangespreek word nie.