Sal Shikongo en Amushelelo skik?

Die partye in die skadevergoedingsaak wat die polisiehoof Joseph Shikongo teen Michael Amushelelo gebring het, sal vandag vir ‘n skikkingsbemiddeling konferensie verwys word. Die konferensie sal op 7 Oktober plaasvind. Shikongo dagvaar vir 1 miljoen Namibiese dollar vir laster na uitsprake oor hom na die noodlottige ongeluk waarin Shikongo in Desember 2022 betrokke was en waarin drie mense dood is. Shikongo het op 5 Junie reeds ‘n interdik teen Amushelelo bekom. Regter Collins Parker hoor die saak aan.