Swapo hou bedel-dinee, samel N$17,3m in

Plaaslike media berig dat Swapo 16,2 miljoen Namibiese dollar by sy gala-dinee ingesamel het, sowel as 1,1 miljoen dollar tydens ‘n veiling wat ook Vrydagaand gehou is. Portrette van Hage Geingob en Sam Nujoma het 190 000 en 270 000 dollar behaal. Die party blyk om onder finansiële druk te wees met sy verkiesingsveldtogte wat uiters duur is. Daar is ook, volgens sy sekretaris-generaal Sophia Shaningwa, geen fondse om die nodige buitengewone kongres te hou na die afsterwe van Hage Geingob nie. Die kwessie draai nou in die hoërhof met vyf partylede wat eis dat die kongres, ingevolge die party se Grondwet, gehou moet word. Die dinee is deur gesiene sakepersone bygewoon.