Shikongo is nie verhewe bo die wet nie – Amushelelo

Reaksie word ontvang op die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo wat sy stilte oor die dodelike ongeluk waarin hy in Desember 2022 betrokke was, gebreek het. In ‘n eksklusiewe onderhoud met die dagblad New Era, sê Shikongo die kritiek van die publiek het hom geskok, veral kommentaar dat hy ‘n moordenaar is. Hy sê hy het groot berou oor die drie sterfgevalle maar sê, dit was nie doelbewus nie. Geen klagtes is nog gebring nie. Aktivis Michael Amushelelo, wat deur Shikongo vir laster gedagvaar is, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.