Ronaldo teken 900 doele aan

Portugal se kaptein, Cristiano Ronaldo, het die 900ste doel van sy loopbaan aangeteken in sy land se sege van 2-1 oor Kroasië in die UEFA-Nasiesliga in Lissabon. Dis Ronaldo se eerste doel sedert Junie en verbeter sy internasionale doelerekord tot 131. Die 39-jarige speler het ook op klubvlak doele bygedra vir Sporting Lisbon, Manchester United, Real Madrid, Juventus en sy huidige klub, Al-Nassr. Hy het die meeste doele vir Madrid aangeteken, naamlik 450 in net 438 wedstryde vir die Spaanse reus.