Tennis: Sabalenka en Pegula in finaal

Die tweede beste vrouespeler in die wêreld, Aryna Sabalenka van Belarus, kom môre in die eindstryd van die Amerikaanse Ope teen Jessica Pegula van Amerika te staan. Sabalenka – verlede jaar se naaswenner – het haar landgenoot Emma Navarro met 6-3, 7-6 geklop en die eerste vrou sedert Serena Williams geword wat twee jaar agtereenvolgens in die eindstryd speel. Pegula het die Tsjeg Karolina Muchova geklop met 1-6, 6-4, 6-2, om haar eerste Grand Slam-eindstryd te haal. Sabalenka sê die wedstryd was straf, maar sy is verheug om weer in die eindstryd te speel: