Onwettige taxi’s pendeldienste in hoofstad wek kommer

Stad Windhoek het sy kommer uitgespreek oor ‘n toename in onwettige openbare vervoeroperateurs, veral vervoerdienste na die lughawe en die op digitale platforms. Alle vervoerders moet in besit wees van die relevante permitte maar, moet ook by die Stadpolisie geregistreer wees. Dit kos 60 Namibiese dollar en moet elke ses maande hernu word na ‘n voertuig inspeksie. In ‘n verklaring sê die stad daar is tans meer as 5 000 geregistreerde taxi’s. Die Stad waarsku oor boetes en die opheffing van dienste wanneer onwettige operateurs betrap word.