Bibi ontken dat ooreenkoms naby is

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, ontken berigte dat ʼn skietstilstand- en gyselaarooreenkoms met Hamas 90-persent gereed is. Hy word toenemend beskuldig dat hy doelbewus keer dat ʼn ooreenkoms met die militante groep bereik word. Netanyahu sê geen ooreenkoms is in sig nie en voeg by Hamas is die struikelblok wat keer dat die oorlog beëindig en gyselaars in Gaza vrygelaat word. Hamas beskuldig op sy beurt vir Netanyahu en sê hy gebruik ontwykings- en misleidende taktieke om ʼn ooreenkoms te keer.