Jeugspele: Meeste opknappings in Oshakati voltooi
In Julie het die sportministerie die onmiddellike sluiting van die Oshakati Onafhanklikheidstadion aangekondig vir rehabilitasie van die veld, ter voorbereiding van die 2024 Nasionale Jeugspele. Die Spele sal van 11 tot 15 September in Oshakati plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Freddy Mwiya, hoofsportadministrateur by die Namibië Sportkommissie, om uit te vind of die opknappings voltooi is. Hy sê slegs geringe opknappings is gedoen, maar die Spele kan voortgaan.