Oud-ombud gesels oor dobbelary

Dobbelary is nie net in Namibië ‘n groot probleem nie. Rise Mzansi het Suid-Afrika se maatskaplike ontwikkeling-departement gevra om Sassa-begunstigdes te beskerm teen dobbel-verslawing. Hulle stel voor opvoedings- en beradingsprogramme word geskep vir maatskaplike toelae-ontvangers met dobbelprobleme. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met oud-ombudsman advokaat John Walters, wat sê dobbelary is ‘n verslawing en ‘n goeie dobbelaar weet wanneer om op te hou.