Mbumba is in China om bakhand te staan – Smit
President Nangolo Mbumba het by die Forum oor China-Afrika-samewerking-beraad in Beijing klem gelê op die modernisering en industrialisering van Afrika, veral Namibië. Hy sê die regering beplan om landbou-verwerkingsentrums regoor Namibië te vestig, veral in die landelike gebiede. Die land moet dus bekostigbare kleinskaalse tegnologieë en toerusting bekom, en Namibië verwelkom die samewerking van China op hierdie gebied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met PDM skadu-finansminister Nico Smit, wat sê al projekte waarmee die Chinese besig is, is tenders vir paaie en konstruksie.
China het net meer as 50 miljard Amerikaanse dollar en ‘n miljoen werksgeleenthede aan Afrika-lande by die beraad bewillig.