Vrou vir 10 jaar deur haar man bedwelm, en deur ander verkrag
’n Franse vrou wat vir meer as 10 jaar deur onbekende mans verkrag is nadat sy deur haar man bedwelm is, het ‘n hof vertel van haar afgryse toe sy verneem het hoe sy mishandel is. Die 72-jarige Gisèle Pélicot het getuig op dag drie van die verkragtingsverhoor in Avignon van 51 mans, insluitend haar man van 50 jaar. Hofstukke dui daarop dat Dominique Pélicot die dade aan die polisie erken het. Die verkragtings is ontdek toe die polisie haar man se rekenaar ondersoek het nadat hy gevang is terwyl hy foto’s onder vrouens se rokke op by ‘n supermark geneem het. Hulle het duisende foto’s en video’s gekry van die verkragtings.