Elon sal hoë pos kry as Trump wen
Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump sê hy sal ‘n regeringsdoeltreffendheid-kommissie onder leiding van Elon Musk instel as hy die verkiesing op 5 November wen. Trump het die New York Ekonomiese Klub toegespreek en gesê die kommissie sal ‘n plan ontwikkel om bedrog en onbehoorlike betalings uit te skakel. “Ek sien daarna uit om Amerika te dien as die geleentheid hom voordoen,” het Musk op X geskryf. “Geen betaling, geen titel, geen erkenning is nodig nie.” Trump is aan die woord.