SA, China probeer handelstariefgeskil oplos
Pogings word aangewend om die handelstariefgeskil tussen Suid-Afrika en China by te lê. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse landbousektor kommer uitgespreek het tydens die SA-China-sakeforum in Beijing. China is wêreldwyd Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, maar verlede jaar het die waarde van sy invoere uit China uitvoere ver oortref. Die handelminister, Parks Tau, sê pogings word voortgesit om ‘n oplossing te kry.