Zim stel spoordiens oop vir Grindrod-hulp

Zimbabwe se spoordiens in staatsbesit het sy netwerk oopgestel vir privaat spelers, waaronder die Suid-Afrikaaanse maatskappy Grindrod, in ‘n poging om vragvolumes te verhoog nadat dit ineengestort het na dekades se onvoldoende belegging. Die Zimbabwiese Nasionale Spoorweg, wat eens jaarliks 12-miljoen-ton vervoer het, behartig nou minder as 3-miljoen ton. Grindrod se Zimbabwiese eenheid, Beitbridge Bulawayo Railway, het lokomotiewe en waens ontplooi om die sukkelende stelsel te help. ‘n Toenemende vraag na chroom en litium, aangevuur deur Chinese maatskappye, verhoog die behoefte aan uitgebreide spoorvermoë in die mineraal-ryke land.