Sossusvlei-pendelkonsessie ‘teiken onwettige operateurs’
Die omgewing-ministerie erken kommer van die publiek en toeroperateurs oor die pendelkonsessie vir Sossusvlei in die Namib Naukluftpark. Die ministerie sê toekenning van die konsessie teiken onwettige operateurs en busse, vragmotors en 2×4-voertuie om die omgewing te bewaar en aan Wêrelderfenisterrein-kriteria te voldoen. Geregistreerde toeroperateurs kan ongehinderd met hul bedrywighede voortgaan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, wat verduidelik.