‘Hulle’ vrees die NEFF, sê adjunkleier Iipumbu
Die Namibia Economic Freedom Fighters sal wel aan die verkiesings in November kan deelneem. Dit kom nadat die hoërhof die Verkiesingskommissie se besluit om die party te de-registreer tersyde gestel het. Longinus Iipumbu, adjunkleier van die NEFF, beweer tydens ’n perskonferensie oor die uitspraak dat die kwessie ontstaan het omdat die party gevrees word.