Kamala Harris verdoem wapengeweld na skoolskietery
In Amerika is aktiviste wat wapenbeheer voorstaan op die voorvoet na die jongste massa-skietvoorval by ‘n skool in Georgia. Twee onderwysers en twee leerlinge is dood en ‘n onderwyser en 8 leerlinge gewond. Die skieter, die 14-jarige Colt Gray, is in hegtenis geneem. Visepresident Kamala Harris, die Demokratiese presidentskandidaat, het so reageer.