Verkiesingskommissie sal later reageer op NEFF-hofbeslissing
Die Verkiesingskommissie van Namibië se besluit om die Namibia Economic Freedom Fighters te deregistreer, is in die hoërhof tersyde gestel. Dit beteken die party kan wel aan die verkiesing deelneem. Die kommissie sê by monde van sy woordvoerder, De Wet Siluka, dat hy die uitspraak bestudeer.