Ishitele verbeter eie Afrika-Paralimpiese rekord
Namibië se Johannes Nambala het net-net die brons medalje gemis in die mans 400m T13 finaal by die Paralimpiese Spele in Parys. Nambala het vierde geëindig in ‘n seisoen-beste tyd van 48,89 sekondes, net 6 honderdstes van ‘n sekonde stadiger as die brons medalje-wenner. Intussen het Lahja Ishitele tweede geëindig in haar 200m T11 uitdun met ‘n tyd van 24,82 sekondes. Daarmee het sy haar eie Afrika-rekord van 25,37 sekondes wat sy by die Rio Paralimpiese Spele in 2016 opgestel het, verbeter. Sy is deur na die finaal wat Saterdag om 23 minute oor 7 plaasvind.