Thunberg agter tralies oor pro-Palestina betoging

Die klimaats-aktivis Gretha Thunberg en verskeie ander mense is in hegtenis geneem toe hulle ‘n gebou van die Universiteit van Kopenhagen in Denemarke beset en gevra het vir ‘n boikot van Israelse universiteite. Foto’s op die dagblad Ekstra Bladet se webblad toon die 21-jarige Thunberg in ‘n swart-en-wit Midde-Oosterse sjaal oor haar skouers terwyl die polisie haar van die kampus begelei. Sy het self foto’s op Instagram gedeel van onlustepolisie wat ‘n gebou binnegaan waar die groep, “Studente teen die Besetting”, betoog het.