Olifant-skietery: Buitelanders moet uit ons sake bly

Buitelanders moet ophou om in te meng met plaaslike sake. Dit is die mening van beroepsjagter Jofie Lamprecht na die seun van Asië se rykste man Anant Ambani, bystand aan Namibiese owerhede in Indië aangebied het oor die skiet van wilde diere. Ambani wil die diere deur middel van sy Vantara-stigting in Gujarat hervestig. Hy sê daar is te veel diere, punt.

Dit wil voorkom asof Ambani nie die kwessie verstaan nie. Die diere word geskiet vir vleis vir gemeenskappe en word nie geoes as gevolg van droogtetoestande nie.