Maatskaplike toelaagverhogings: Nie almal het hulle volle toelae ontvang nie
Kosmos 94.1 ontvang berigte van pensioenarisse wat nie die agterstallige 800 Namibiese dollar in pensioengeld ontvang het nie. Die toelaag moes 2 400 dollar die maand beloop het maar, talle oumense is net 1 600 dollar, die nuwe vaste toelaag betaal. Die lynminister Doreen Sioka het met skok op die nuus gereageer.
As daar nog pensioenarisse is wat hierdeur geraak is, stuur asseblief ‘n WhatsApp na Kosmos 94.1 se WhatsApp-nommer op 085 127 3000.