Ambani verstaan nie hoekom wilde diere geskiet word nie

Die seun van Asië se rykste man Anant Ambani, wie onlangs in die nuus was vir sy uitspattige ses-dag troue, het ‘n brief aan Namibiese owerhede in Indië gerig oor die skiet van wild, wat olifante insluit. Ambani bied bystand aan deur middel van sy Vantara-stigting in Gujarat. Hy het sy kommer uitgespreek oor die skietery, wat hy as ‘n oes as gevolg van die droogte beskryf het. Hy het geen oplossing gebied nie maar wil die diere beskerm deur hervestiging. Dit wil voorkom asof Ambani nie die kwessie verstaan nie. Die diere word geskiet vir vleis vir gemeenskappe en word nie geoes as gevolg van droogtetoestande nie.