Vrou baklei teen uitlewering na VSA na dood van twee van haar kinders
‘n Amerikaanse vrou probeer keer dat sy deur Brittanje uitgelewer word om verhoor te word vir die moord op haar twee kinders, en poging tot moord op die derde. Die 36-jarige Kimberlee Singler het na Londen gevlug nadat die liggame van die nege-jarige Elianna en die sewe-jarige Aden Wentz in Desember in Colorado Springs aangetref is tydens ‘n uitgerekte toesigstryd met haar voormalige lewensmaat. Haar elfjarige dogter is gewond. Singler se prokureur het in die Landdroshof in Westminster betoog sy staar ‘n verpligte lewenslange vonnis in die gesig, wat haar menseregte skend.