Cheslin verwag ‘n taai stryd Saterdag
Springbok-vleuel Cheslin Kolbe sê hulle verwag Saterdag in die Rugbykampioenskap-toets teen Nieu-Seeland in Kaapstad ʼn taaier en meer intensiewe kragmeting. Suid-Afrika het die All Blacks Saterdag in Johannesburg met 31-27 geklop. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal sy span vir komende Saterdag se kragmeting na verwagting vandag bekend maak. Kolbe sê dis belangrik om vinnig te begin, aksies akkuraat uit te voer en by hulle strukture te hou: