Sake-eienaar? Jy kan bystand ontvang…

Die handelministerie nooi mikro-, klein- en mediumondernemings in spesifieke sektore om aansoek te doen vir toerusting- en masjineriebystand onder die Toerusting-hulpskema. Die sperdatum is 10 Oktober. Ondernemings moet in 100% Namibiese besit wees, by BIPA geregistreer wees, ‘n belastingklaringsertifikaat hê asook ‘n goeie status-sertifikaat van die Maatskaplike Sekerheidskommissie. Elijah Mukobonda, die ministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die toepaslike sektore.