Georgia: Skoolskieter sal as volwassene aangekla word
Twee studente en twee onderwysers is dood en nege beseer in ʼn massaskietvoorval by die Apalachee High School in Winder in die Amerikaanse staat, Georgia. ʼn Veertienjarige skoolseun is gearresteer en sal van die vier moorde as volwassene aangekla word. Daar was vanjaar al minstens 45 skietvoorvalle by skole in Amerika. Die direkteur van Georgia se ondersoekburo, Chris Hosey, sê owerhede probeer vasstel hoe die AR-styl-wapen wat die skieter gebruik het, in die skool gekom het: