Kenner sê oor omgewing en groenwaterstof, en olifant-oes

Die Namibiese Omgewingskamer is sterk gekant teen ‘n voorstel om groenwaterstof in die Tsau //Khaeb Nasionale Park te vervaardig, weens die beduidende omgewingsrisiko’s daaraan verbonde. Hulle voer aan dat enige waterstofproduksie wat biodiversiteit beskadig, as rooiwaterstof beskryf moet word. Rooiwaterstof word vervaardig met behulp van kernkrag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Omgewingskamer se uitvoerende hoof, dr. Chris Brown, wat sê groenwaterstof-produksie moet uiters goed beplan word.

Hy lewer ook kommentaar op die omgewing-ministerie se uitdun van wild weens die droogte, wat olifante insluit.