Ooginfeksie laat Sir Elton John met beperkte sig

Sir Elton John het bekendgemaak hy het net beperkte sig in sy een oog oor na ‘n ernstige ooginfeksie in die somer. Die 77-jarige sanger het op Instagram aan sy 4,9-miljoen aanhangers gesê hy is besig om te herstel maar dit is ʼn uiters stadige proses en kan ʼn rukkie duur voor die sig in die beskadigde oog terugkeer. Sir Elton het verlede jaar by Glastonbury aangekondig hy gaan nie meer toer nie. Die dokumentêre rolprent, Elton John: Never Too Late, se Europese bekendstelling vind later vanjaar by die Londense Rolprentfees plaas.