Vereniging van Uitsaai Veterane hou eerste internasionale werkswinkel

Die Vereniging van Uitsaai Veterane wat sowat ‘n maand gelede in Windhoek begin is, het hul eerste internasionale werkswinkel aangebied. Die groep het binne drie weke plaaslik en in Suid-Afrika tot 51 lede gegroei. Daar is wydlopend gekyk na die pad vorentoe vir die vereniging, asook verskeie projekte wat onder andere gereelde mentorsessies vir jong, opkomende uitsaaiers sal insluit. Verskeie bekendes is deel van die groep, onder vele andere Riaan Cruywagen, Andre Henning, Gert Jacobie, Bettie Kemp, dr. Riaan Eksteen, en Kolie van Coller. ‘n Paar lede lewer kommentaar oor die werkswinkel.