Aptekers ‘moet lei in entstof-vervaardiging’
Suid-Afrika se gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, moedig aptekers aan om ‘n aktiewe rol te speel in die vervaardiging van entmiddels te midde van toenemende aansteeklike siektes. Motsoaledi het gepraat op die Aptekers Internasionaal-federasie se kongres in Kaapstad en die dringende behoefte beklemtoon aan bekostigbare entmiddels en geneesmiddels terwyl hy die opgaring tydens Covid-19 veroordeel. Hy lig die toekomstige uitdagings van nie-oordraagbare siektes uit en vra aptekers om voorstanders te wees van ‘n billike gesondsheidsbeleid en ‘n meer inklusiewe gesondheidsorgstelsel.