SAOG sit M-pokke onder die loep

Ministers van Gesondheid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap hou ‘n virtuele vergadering om die epidemiologiese vooruitsigte van M-pokke te beoordeel en ‘n streeksreaksie te koördineer. Die ministers sal die situasie met M-pokke in Afrika, openbare gesondheid en oorgrenssiekte-toesighouding bespreek. Hulle sal ook voorkeur gee aan multi-sektorale ingrypings om die verspreiding te beheer. Die vergadering volg op voorskrifte van die 44ste SAOG-spitsberaad nadat die Wêreldgesondheids-organisasie en die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming M-pokke tot openbare gesondheidsnoodtoestand verklaar het.