Wetsontwerp op Huurbeheer nou dringend: Katjimune

‘n Aantal huurders het op sosiale media ontevredenheid met die Stedelike en Landelike Ontwikkeling-ministerie uitgespreek omdat die Wetsontwerp op Huurbeheer nog nie in werking gestel is nie. Die wetsontwerp poog om huurgelde in Namibië te reguleer. PDM-parlementslid Maximalliant Katjimune het op sy sosiale media die lynminister, Erastus Uutoni, daarvan beskuldig dat hy “sy voete sleep” met die wetsontwerp en dat hy ook voordeel trek as ’n verhuurder. Kosmos 94.1 Nuus het met Katjimune gepraat wat sy kommer uiteensit.