Fishrot-verhoor nogmaals uitgestel, oor Sacky se aansoek

Die Fishrot-verhoor het vanoggend hervat in die afwesigheid van een beskuldigde, Ricardo Gustavo, wat steeds in die hospitaal is. Die hof is tans gefokus op voorlopige kwessies rakende ‘n interlokutêre aansoek. Die aansoek is gebring deur oud-justisieminister Sacky Shanghala, wat vra dat sy verhoor geskei word van die van die ander beskuldigdes, sodat hulle verhoor kan voortgaan. Advokaat Mbanga Siyomunji, wat vir sommige van die beskuldigdes verskyn, wil hê dat die aansoek vinnig afgehandel word sodat die hoof-verhoor kan voortgaan. Adjunk-aanklaer Edios Edmund Marondedze, vir die staat, voer aan dat geen verdere vertragings nodig is nie. Regter Moses Chinhengo het die verhoor verdaag tot môre vir sy besluit oor die aangeleentheid.